“Skebenga”. “Skebenga” was Hoërskool Strand se drie-man armteater en werkswinkel toneelstuk. Die spelers, Darren Johannes, Kayden Links en Michael Ruzvidzo het in die toneelstuk opgetree. Dit het gekyk na die lewens van jong mense in die bende-areas en hoe hulle daar betrokke raak. Dit was egter ook ‘n opvoedkundige stuk omdat dit bewys dat bendelede ook net mense is.
“Skebenga” is op 23 Julie by Parel Vallei Toneelfees by die Playhouse Theater vir die eerste keer opgevoer. Daar het hulle dubbel goud ontvang vir hul toneelstuk. Darren Johannes het die algemene Beste Akteur Trofee ontvang. Die toneelstuk het ook die Beoordelaarstrofee gewen vir die mees doeltreffende toneelstuk.
“Skebenga” se tweede toneelfees was by die Klein Libertas Toneelfees in Stellenbosch op 5 Augustus. Die beoordeelaars het goud aan al drie akteurs toegeken. “Skebenga” is ook die Vrydag, ‘n vakansiedag, uitgenooi om die prysuitdeling by te woon. Daar was al drie leerders genomineer vir ‘n trofee:
- Darren Johannes – Beste Akteur
- Kayden Links – Beste Ondersteunende Akteur
- Michael Ruzvidzo – Beste Ondersteunende Akteur. Michael het die trofee gewen.
Die span se laaste fees was die ATKV Tienertoneelfees by die Baxter Teater in Wynberg. Op 15 Augustus het al drie seuns goud vir hulle toneelspel en ensemble werk ontvang. Hulle was ook al drie genomineer as die beste akteur in ‘n hoofrol.
Maar, hulle storie is nie klaar nie. Die toneelstuk het so baie mense beïndruk dat daar nou ‘n toer ter sprake is!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








