Hoërskole Skaakliga 2024. Foto: Fichies se skaakspelers.
Hoërskool Fichardtpark se o.19A-Skaakspan is bekroon as die algehele wenners van die Bloemfonteinse Hoërskole Skaakliga 2024.
Die o.19 A-spanlede
- Christiaan Kotzé (Bord 1)
- Johrné Rossouw (Bord 2)
- Malan van Rensburg (Bord 3)
- Jason Melville (Bord 4)
- Ruald van Heerden
- Ruan Kotzé
- WJ Swanepoel
Ruald van Heerden, Ruan Kotzé en WJ Swanepoel het gedurende die liga as o. 19A-span reserwe-spelers deelgeneem.
Verskeie skaakspelers is vereer met spesiale toekennings vir hulle uitmuntende skaakprestasie:
- Christiaan Kotzé (o.19 A-Skaakspan) is aangewys as die “Skaakspeler van die Jaar 2024” en het die toekenning as die algehele wenner van Bord 1 ontvang. Hy het ook 5 bordpryse verwerf vir eerste plekke wat hy behaal het.
- Johrné Rossouw (o.19 A-Skaakspan) het die toekenning ontvang as die algehele wenner van Bord 2 vir 2024 en het 4 bordpryse verwerf vir eerste plekke wat hy behaal het.
- Jason Melville (o.19 A-Skaakspan) het 3 bordpryse verwerf vir sy eerste plekke op Bord 4 wat hy behaal het.
- Ruan Kotzé het 2 bordpryse ontvang vir sy eerste plekke op Bord 1 in die o.15 A-Skaakspan, asook 1 bordprys vir ʼn eerste plek op Bord 4 in die o.17 A-Skaakspan.
- Niel Els (B-Afdeling) het ʼn toekenning ontvang vir ʼn vyfde plek wat hy behaal het.
- Stefan Snybert (B-Afdeling) het ʼn toekenning vir sy vyfde plek wat hy behaal het ontvang.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf









