Hoëveld Tennisliga – Hoërskool Ermelo se leerders het die oorhand geneem by die Hoëveld Tennisliga.
Erries het op 12 en 13 Augustus deelgeneem aan die tennisliga in Secunda.
Die volgende hoërskole het mekaar die stryd aangesê: Hoërskool Ermelo, Hoërskool Hoogenhout, Hoërskool Secunda, Hoërskool Oosterland, Curro Secunda, Hoërskool Standerton, Hoërskool Piet Retief en Ligbron Akademie vir Tegnologie.
Agt uit tien spanne van Erries eindig eerste in die liga.
Erries se dogters verower eerste plek in die liga met al vyf hul dogterspanne.
Die seunsspanne vaar as volg:
Die eerste span eindig tweede, die tweede span eindig derde en die derde, vierde en vyfde spanne wen hul afsonderlike ligas.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








