Skole Hokkie liga. Die skole hokkie liga wedstryde is bykans afgehandel. Hoërskool Sentraal se spanne het goed presteer. Die o.18A dogtersspan het teen Hoërskool Jim Fouché met 5-2 gewen en die o.18A span speel vandag, 7 Augustus, hul laaste ligawedstryd teen Hoërskool Fichardtpark o.18A.
Ander uitslae:
- O.16A dogters wen 2-0 teen Hoërskool Fichardtpark o.16A en eindig vyfde in die liga
- O.16B dogters wen 3-0 teen CBC o.16B en eindig derde in die liga.


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf









