EG Jansen All Ages. Twee netbalspelers van Hoërskool Ermelo, Liani Butter en Abigail Homan asook me U-Vandé Nortje was gedurende die vakansie by EG Jansen se All Ages PMU-netbaltoernooi betrokke. Hulle het in hul onderskeie spanne presteer. Liani en Abigail (o.14 A1) eindig agtste en me Nortje (o.14 A2) eindig twaalfde uit 24 van die land se provinsiale spanne.
Nog twee leerders van Erries, Tharina Viljoen (o.17 A2) en Hayley van der Walt (o.18 A1) het ook aan die TNC MPU Netbaltoernooi deelgeneem. Die Telkom Netball Championship is vandeesjaar te Waterkloof aangebied. Tharina is gekies as kaptein vir haar span en hulle eindig veertiende. Hayley, wat haar provinsie verteenwoordig in die o18A-span, eindig vierde. Hierdie span het die beste presteer (tesame met die u17 A1-span) van al die MPU-spanne.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








