Nederland Kriekettoer. Na die Kovsie-Smash krieketfees wat in Januarie deur Hoërskool Fichardtpark aangebied is, is daar ‘n verteenwoordigende span gekies vir die Nederland Kriekettoer.
Garnet Tarr was die gasspreker by die openingsfunksie en het die seuns aangemoedig om die toer mee te maak. Die twee Fichie manne wat die toer meemaak, is Davyd Oosthuizen en ook Neil van der Merwe wat die span afrig. Die seuns het vertrek na Amsterdam waar hulle wedstryde teen Nederland se Nasionale o/17 en o/18 spanne gaan speel. Die Graad 12 seuns staan ook die kans om kontrakte by klubs in Nederland los te speel. Die span na Nederland staan bekend as die Lions Krieketspan.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








