Cravenweek en Akademieweek Rugby. Vyf rugbyspelers van Hoërskool Fichardtpark verteenwoordig hul skool by Cravenweek en Akademieweek Rugby. Hoërskool Fichardtpark se eerstespan slot, Bukho Mlali, draf môre, 25 Junie, vir die Vrystaat Cravenweekspan uit teen die Griffons. Die Cravenweek vind plaas by Hoërskool Monument te Krugersdorp.
Nog vier Fichie rugbymanne, Peter Tembo, Zaine van Zyl, Junior Titoti en Pule Motsilili, kom vandag, 24 Junie, tydens hoofwedstryd teen die Goue Leeus te staan.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrocksa.co.za
Foto’s verskaf









