Rhino Rugby Streekweek. Hoërskool Linden het sestien rugbyspelers en twee afrigters wat vanaf 19 tot 22 Junie, as deel van die Sentraal-Wesspanne, by die jaarlikse Rhino Rugby Streekweek die skool se naam hoog gehou het. Linden se afrigters: Andrew Todd (o.19A) en Morné Strydom (o.19A).
Francois Steyn en Keatin Carlse is na afloop van die week by die o.19 Rhino-span ingesluit. Die span gaan later vanjaar ‘na’n toer na Italië onderneem.
Prestasies behaal:
- o.14 (eindig in die algehele derde plek)
- o.15 (eindig in die algehele tweede plek)
- o.16 (speel in die o.17-span en eindig in die algehele tweede plek)
- o.17 (eindig in die algehele tweede plek)
- o.19 (eindig in die algehele derde plek)




Meer skolenuus: https://schoolsthatrocksa.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








