MPU Sport Toernooie. Op Saterdag, 1 Junie, het die A-rugbyspanne van EHS by die MPU Sport Toernooie die Mpumalanga semifinaal gespeel te Hoërskool Rob Ferreira.
- Die o.14A-span wen 27-25 teen Rob Ferreira
- Die o.15A-span wen 19-18 teen Lydenburg
- Die o.16A-span verloor 24-30 teen HTS Witbank
- Die Eerste span wen teen Ferrum met 25-13.
Vir die B-spanne was dit die Mpumalanga-finale wat plaasgevind het en die spanne vaar as volg:
- Die o.15B-span verloor 19-21 teen Rob Ferreira Die o.16B-span wen 24-22 teen HTS Witbank
- Die derde span verloor 12-21 teen HTS Witbank
Die o.16B-span is aangewys as Mpumalanga-wenners en die o.15B- en derde span is beide Mpumalanga naaswenners.
Die Mpumalanga-finale vir die rugby vind op Saterdag, 8 Junie, te Hoërskool Ermelo plaas.
MPU Sport Toernooie: Dogters Hokkie
Hoërskool Ermelo se dogtershokkie A-spanne het Mpumalanga uitspele gehad en het uitstekend gevaar:
- o.14A-span: wen onderskeidelik teen Secunda met 2-0 en teen HTS Middelburg met 3-0
- o.15A-span: wen teen Standerton met 7-1, asook teen Nelspruit met 1-0
- o.16A-span: wen onderskeidelik teen Ligbron met 5-0 en teen Secunda met 5-0
Erries se Eerste span wen teen HTS Middelburg met 4-0 en verloor teen Hoërskool Ligbron met 0-3.
Die dogtershokkie se tweede span speel hulle Mpumalanga-finaal.
- Hulle wen teen Volksrust met 3-1 en verloor teen Hoërskool Middelburg met 1-3.
- Die Erries se tweede span dogtershokkie word aangewys as naaswenners.
Die Mpumalanga kwart- en semifinale vir die dogtershokkie se A-spanne vind ook plaas op Saterdag, 8 Junie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrocksa.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








