)

Rugbykaptein – Dewald Groenewaldt Hoër Volkskool Potchefstroom

Rugbykaptein. In ons gewilde reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met Dewald Groenewaldt. Dewald is die 1ste Rugbyspan Kaptein van Hoër Volkskool Potchefstroom. Vandag druk Dewald die sewende drie in ons reeks vanjaar oor Rugby Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika en Namibië.

“Ek het begin rugby speel in Graad 5. Ek het toe o.11 gespeel.  Die rede waarom ek besluit het om te begin rugby speel, is omdat dit aan my die kans gee om deel te wees van iets groter as myself. Ek hou ongelooflik baie daarvan om rondom mense te wees en net deel te wees.

My eerste wedstryd

Toe ek my eerste wedstryd gespeel het, het ek geweet dat dit my passie gaan wees. Ek het ook geweet dat dit die plek is waar ek my tyd in gaan belê. Wat ek van my eerste wedstryd kan onthou, is my pa se woorde, na die wedstryd. “Eks trots op jou, Seun.” Daardie woorde bewaar ek altyd diep in my hart.

Die dag toe ek die eerste keer op die veld gedraf het as Rugby Kaptein, was dit vir my ‘n groot voorreg om te kan sê dat ek iets groot verteenwoordig waarop ek ten alle tye trots is. Ek het regdeur my laerskool-rugby as kaptein uitgedraf. Ek was ook bevoorreg om vanaf onder 14 tot onder 16 vir Volkies as Rugby Kaptein uit te draf.

Die raad wat ek aan beginners kan gee is dat geen harde werk gaan sonder om beloon te word.

Motivering

Die manier hoe ek my span gemotiveerd hou tydens ‘n wedstryd – selfs wanneer dit nie goed gaan nie, is deur net die sisteem en afrigters se proses met ons ten alle tye te vertrou.

Wat my, as Rugby Kaptein, elke keer inspireer wanneer op die rugbyveld draf vir ‘n wedstryd, is om te kan speel en ook om my alles te gee. Die rede daarvoor is dat jy nooit weet wanneer dit jou laaste wedstryd saam jou broers kan wees nie.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://volkiespotch.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal