Moedersdag – Hoërskool Ermelo se leerders wat betrokke is by die EHS-musiekblyspel se repetisies vir 2024 het “Mamma Mia” gaan kyk. Die leerders het op Sondag, 12 Mei asem geskep en die befaamde “Mamma Mia” – vertoning by die Teatro @ Monte Casino vir Moedersdag gaan kyk.
Dit was ‘n ware belewenis! Die Erries het nuwe krag en inspirasie vir die verhoog gekry. Hulle het die uitstappie vreeslik geniet en dit was ‘n onvergeetlike ervaring!
Die busrit terug het daarvan getuig toe ‘n mengelmoes van welbekende liedjies soos “Voulez-Vous”, “Money! Money! Money!” sowel as “The Winner Takes It All” met passie en geesdrif gesing is.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto voorsien
Become a Sponsor








