Roné en Nina Bresler. Die twee Bresler susters, Roné en Nina, het die jongste sussiepaar van die Sekondêre Meisieskool Oranje geword om die 1ste hokkiespan te verteenwoordig.
Nina, tans in Graad 10, het Vrydagaand teen Hoërskool Witteberg van Bethlehem haar buiging gemaak vir die 1ste span gemaak met ‘n telling van 10-1 in Oranje se guns. Roné het ook in Graad 10 haar eerste verskyning in die 1ste hokkiespan gemaak. Sy het vanaf 2018 tot 2020 vir Oranje se 1stes uitgedraf.
Die Bresler-susters is die tiende stel sussies in die laaste elf jaar om vir die o.18A’s te speel.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








