Menseregtedag viering. Op 19 Maart, twee dae vroeër, het C&N Primêre Meisieskool Oranje, Menseregtedag viering herdenk. Tydens ‘n samekoms by die Voortrekker nooientjie oftewel, Tiekie, het drie van die skool se leiers elk ‘n kort toespraak gelewer. Dit het gehandel oor die betekenis van hierdie dag wat op Donderdag, 21 Maart plaasvind.
Milla Barret het ‘n kort opsomming van die skool se geskiedenis gelewer. Sy het ook die dogters weer bewus gemaak dat daar ‘n verantwoordelikheid saam met elke reg gepaard gaan.
Lika Claassens het die belangrikheid van Menseregtedag viering beklemtoon deur te verwys na die vlag se betekenis asook Nelson Mandela se rol in ons land se geskiedenis.
Corli Marx het afgesluit deur die jeug se rol as verantwoordelike landsburgers te beklemtoon. Sy het hulle ook daaraan herinner dat dit elke landsburger se verantwoordelikheid is om elke individu se regte te respekteer en verantwoordelikheid te neem.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf