Krieket liga. Joof Enslin, leerder van Hoërskool Outeniqua in George, het die naweek geskiedenis in Kwaggaland gemaak. Hierdie jong man het tydens die 1ste span ligawedstryd teen D’Almeida HUB o.19 die hoogste individuele telling in die geskiedenis van Hoërskool Outeniqua aangeteken.
Joof het egter nie gestop by die 200-merk nie, maar teken ‘n totaal van 224 nie uit nie, van 141 balle aan!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf