)

Errie-netbal – Hoërskool Ermelo vs van Hoërskool Middelburg

Errie-netbal. Hoërskool Ermelo se netbalspanne het Dinsdag, 27 Februarie, ’n hele reeks wedstryde teen verskeie spanne van Hoërskool Middelburg gespeel.

Die EHS o.14A-span speel teen die o.15C-span en die o.14A-span van Hoërskool Middelburg en behaal onderskeidelik ’n wen eindtelling van 24-0 en ’n verloor met ‘n eindtelling van 2-21.

Die Erries se o.14B-span kom te staan teen Middelburg se o.14C- en o.14B-spanne en verloor albei met onderskeidelik 1-27 en 1-15.

EHS se o.15A-span speel teen die teenstanders se o.15A-span en verloor met 3-24.

Op hul beurt, speel die o.15B-Errie-netbal span van EHS teen Middelburg se o.15B en o.16C. EHS verloor eersgenoemde wedstryd met 2-31 en wen die volgende wedstryd met 12-6.

Die o.16A’s speel twee wedstryde: teen Middelburg se o.16A’s verloor hulle 10-23 en teen die o.17A’s verloor hul 11-23.

EHS se o.16B-span verloor 1-20 teen Middelburg se o.16B’s.

Die tweede span van EHS speel teen die o.19B- en o.17B-spanne van Middelburg. EHS verloor eersgenoemde met 10-13, maar wen die volgende wedstryd met 19-3.

Hoërskool Ermelo se eerste span pak Hoërskool Middelburg se eerste span en tree, na ’n pragtige wedstryd, as oorwinnaars uit die stryd met ’n telling van 40 doele teenoor 9.

Van links: Hayley van der Walt, Tharina Viljoen, Lenize Nel

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal