Arende opedag. Hoërskool Strand het met groot opgewondenheid en gasvryheid talle toekomstige Arende en hul ouers verwelkom tydens die opedag op 22 Februarie. Die skool het ‘n warm ontvangs gebied met vriendelike damespersoneel. Gaste het verfrissende gesuiwerde water kon geniet of ‘n heerlike yskoffie.
Die besoekers is persoonlik deur die Arendraad-leerders ontvang. Hulle het as leiers vir die verskeie groepe gedien. ‘n Insiggewende toer deur die skool en sportgronde is ook aangebied. Elke gas het ‘n sjokoladekolwyntjie en ‘n spesiale verwelkomingsvlaggie van die verbruikerstudieklas ontvang.
Die opedag is afgesluit met ‘n kort verwelkoming deur die skoolhoof, mnr. Malan. Die vier hoofleiers het inspirerende stories gedeel oor hoe hulle hul vlerke gevind het.
Hoërskool Strand wil graag sy waardering uitspreek aan elke leerder en ouer wat die opedag bygewoon het. Die skool sien uit daarna om die nuwe lede van die Arendfamilie in 2025 te verwelkom.
Vir diegene wat belangstel om deel te word van die Hoërskool Strand-gemeenskap, maak seker om aanlyn aansoek by die WKOD te doen. Aansoeke open op 11 Maart en sluit op 12 April 2024.
Hoërskool Strand sien uit na die groei van ons Arendfamilie en die suksesvolle toekoms van ons leerders.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf