)

International Tens Championships – Hoërskool Strand

International Tens Championships. Hoërskool Strand is trots op Mnr. Marcus Pretorius wat die geleentheid gebied is om die San Clemente Rhinos 0/18-meisiespan se hulpafrigter/ spanbestuurder te wees vir die International Tens Championship (R10C).

Die kampioenskap het vanaf 17 tot 25 November plaasgevind. Die meisiespan het uit ‘n aantal Amerikaanse meisies asook plaaslike talent van Suid-Afrika bestaan. Onder leiding van die hoofafrigter, Isabela Consalves van Mexico en Mnr. Pretorius, het die meisiespan pragtige rugby gespeel! Die Rhinos o/18-meisiespan is gekroon as die wenners van die o/18-akademie meisies-afdeling.

Die R10C het hierdie jaar ‘n nuwe toevoeging tot die toernooi gemaak deur die gemengde spel by te voeg. Dit behels dat seuns en dogters saamspeel in een wedstryd.Tydens hierdie wedstryd speel die seuns teen seuns een helfte speel en dan die meisies teen meisies in die ander helfte. Dan word die twee helftes se tellings bymekaar getel en sodoende word die wenspan bepaal.

Die Rhinos o/18 seuns en meisies het ook in hierdie finaal gespeel en is toe as die wenners van die 0/18 gemengde spel bekroon. Die meisies behaal dus ‘n eerste plek en wen ook twee goue medaljes vir dié toernooi. Mnr. Pretorius sê “Dit was ‘n groot voorreg en eer om betrokke te wees”.

Verdere R10C-nuus is dat Grezano Plaatjies, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Strand, vir die Honeybadgers o/18-seuns gespeel. Hulle het die wenners van die o/18-seunsafdeling gekroon.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://hsstrand.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal