Laerskool Tennistoernooi – Hoërskool Ermelo het op 29 September vir die tweede agtereenvolgende jaar ‘n Laerskole Enkels-Tennistoernooi aangebied.
Milla Dippenaar (Laerskool JJ Van Der Merwe) en Justin Van Zyl (Laerskool Piet Retief) het in die finaal teen mekaar gespeel.
Justin tree uit as die wenner.
Tennis en goeie sportmanskap het geseëvier en almal het die geleentheid terdeë geniet.
EHS is dankbaar vir die ontwikkeling en geleenthede wat die jonger spelers kon kry tydens die Laerskool Tennistoernooi. Hulle sien sien uit na volgende jaar se toernooi.
Dankie aan mnr Hennie Dippenaar en me Annemike Martins vir die moeite, liefde en die passie vir tennis.
Elementary School Tennis Tournament
Ermelo High School hosted a Primary Schools Singles-Tennis Tournament on September 29 for the second year in a row.
Milla Dippenaar (JJ Van Der Merwe Primary School) and Justin Van Zyl (Piet Retief Primary School) played each other in the final.
Justin stepped down as the winner.
Tennis and good sportsmanship prevailed and everyone thoroughly enjoyed the event.
EHS is grateful for the development and opportunities the younger players were able to get. They look forward to next year’s tournament.
Thank you to Mr Hennie Dippenaar and Ms Annemike Martins for the effort and love and passion for tennis.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto voorsien