Nasionale Landloop Kampioenskappe. Drie atlete van Hoërskool Witteberg, Bethlehem, het op Saterdag, 16 September, aan die 2023 Nasionale Landloop Kampioenskappe in Gqeberha, voorheen bekend as Port Elizabeth, deelgeneem.
`n Totaal van 3500 atlete het aan die kampioenskappe deelgeneem en dié Wittebergers het die volgende plekke behaal;
- Gerhardt Bossert – 4de in Suid-Afrika (seuns o.16)
- Illne Myburgh – 29ste in Suid-Afrika (dogters o.16)
- Kaylin Le Roux – 72ste in Suid-Afrika (dogters o.17)
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








