Junior Landbouvereniging. Vir die eerste keer in 20 jaar het Hoër Landbouskool Marlow weer ‘n Junior Landbouvereniging. Die doel van die Junior Vereniging is om die skool in die landboubedryf te adverteer en te verteenwoordig. Dit bied ook ‘n voet in die deur vir die seuns om betrokke te raak by die volhoubaarheid van landbou, sowel as om hulle te help slyp om vooruit te dink aan oplossings vir probleme in die landboubedryf.
Die graadverteenwoordigers van die Junior Landbouvereniging is as volg:
- Graad 8: Gaffel, Pollie en Bots
- Graad 9: Ratkas, Sous en Gysie
- Graad 10: Koljander, Dodo en Apie
- Graad 11: Vis, Fudge en Eier
Marlow het verlede week ook die nuwe bestuur gekies. Bestuurlede: Hark (Sekretaris), Lappies (Ondervoorsitter) en Mentos (Voorsitter).
Die Organiseerder is Francois Naudé en die Raadgewer is Rikus van Dyk.
Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








