)

Landsdiens Provinsiale Kamp – Hoërskool Ermelo neem deel

Landsdiens Provinsiale Kamp. Erries het deelgeneem aan die Landsdiens Provinsiale Kamp. Vanaf Woensdag 28 Junie tot Sondag 2 Julie het vyftien Erries vanjaar se Landsdiens Provinsiale Kamp bygewoon. Die kamp is aangebied te Nkambeni Safari-kamp in die Krugerwildtuin. Dit was beslis ‘n kamp vir die boeke!

Die leerders is in groepe ingedeel en het gedurende die vyf dae onder meer ook aan ‘n aantal aktiwiteite deelgeneem. Van die aktiwiteite sluit in “brain teasers”, arbeid, ‘n “warrior race”, handwerk en asook ‘n “fun fest”. ‘n Spesiale aktiwiteit is aangebied by die George Mhaule Primêre Skool. Die leerders het ook klaskamers geverf, banke geskuur en vernis, asook vloere en stoele gewas en geskrop. Oudergewoonte is daar ‘n markaand aangebied waar leerders hul selfgemaakte items verkoop het. Elke groep moes ook deur die loop van die kamp ‘n eie musiekvideo maak. Wat is ‘n kamp nou dan ook sonder samesang saans asook ‘n heerlike sokkie die laaste aand!

Erries dank die Here vir hierdie wonderlike geleentheid asook Sy hand van bewaring oor die leerders.

‘n Besondere woord van gelukwensing ook aan die Erries wat gekies is vir die nasionale kamp wat DV vanaf 9-14 Desember aangebied word. Franco Gibbens (gr. 9) is as die provinsiale junior leier van die provinsie aangewys.

Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal