)

Mpumalanga Hokkie uitspele – Erries hokkie presteer uitstekend

Mpumalanga Hokkie uitspele. Hoërskool Ermelo se hokkiespanne het uitstekend presteer by die Mpumalanga Hokkie uitspele, kwartfinaal en semi-finaal.

Op Vrydag 16 Junie en Saterdag 17 Junie het die Erries se dogters hokkiespanne kragte gemeet in die Mpumalanga uitspele-, kwart- en semi-finale-wedstryde. Al vier Erries se ouderdomsgroepe het ware Errie-guts gewys op en van die baan.

Hier volg albei dae se uitslae:

o.14-span: Op 16 Junie, tydens die uitspele, wen hulle 3-0 teen Volksrust en speel gelykop 0-0 teen Hoërskool Nelspruit.  Op 17 Junie, tydens kwart- en semi-finaal, verloor die span 0-3 teen HTS Witbank en wen 2-1 teen Curro Nelspruit.

Hierdie jong span eindig vyfde in Mpumalanga en gaan aan die B-Noordvaal-toernooi te Hoërskool Menlopark deelneem vanaf 9-12 Augustus. 

o.15A-span: Hierdie span speel een wedstryd op 16 Junie teen Hoërskool Nelspruit en wen 6-1.  Op 17 Junie in die kwart-finaal wen hul Volksrust 4-1 en in die semi-finaal wen hul Hoogenhout 2-0. Op 22 Julie speel hierdie span in die Mpumalanga-finaal uit vir eerste of tweede plek. Hul neem op 9-12 Augustus deel aan die A-Noordvaal-toernooi by hoërskool Monument. 

o.16A-span:

Hierdie span speel Vrydag 16 Junie uit teen Oosterland en wen 4-1 en wen ook teen Hoërskool Secunda met 3-1.  Op Saterdag, in die kwart- en semifinaal, wen hulle albei hul wedstryde.  Die span wen Hoërskool Ferrum 6-0 en Hoërskool Middelburg 4-2.  Op 22 Julie speel hierdie span uit vir eerste of tweede plek in die Mpumalanga-finaal.  Hulle gaan vanaf 9-12 Augustus aan die A-Noordvaal-toernooi deelneem by Hoërskool Merensky.

Hoërskool Ermelo eerstespan dogtershokkie:

Op 16 Junie wen die span Hoërskool Lydenburg 3-0 en Ligbron Akademie 4-0.  Op Saterdag, 17 Junie, speel hulle 1-1 gelykop teen HTS Witbank, maar verloor 2-3 met “sudden death”.  In die semi-finaal wen die eerstespan Volksrust 8-0.  Hierdie span eindig vyfde in Mpumalanga en dring deur om aan die B-Noordvaal-toernooi deel te neem by Hoërskool Dr. Malan vanaf 9-12 Augustus.

Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za 

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal