)

Laerskole Rugby Mpumalanga – Laerskool Nelspruit die Wenners

Laerskool Rugby Mpumalanga. Middelburg het die afgelope naweek gasheer gespeel vir die finale rondte uitspeel wedstryde vir Laerskole Rugby Mpumalanga. Dit was om te bepaal wie die beste laerskool rugby spanne in Mpumalanga in die onderskeie ouderdomsgroepe is. Die kompetisie was vir Kleinskole, Mediumskole en Grootskole.

Laerskool Nelspruit het egter geskiedenis gemaak deur in al vier ouderdomsgroepe gekroon te word as Mpumalanga Grootskole Rugbykampioene. Die Nellies het hierdie spog-prestasie al in krieket behaal in 2017. Nou is die vier kampioene in een jaar, wat rugby betref, ook deel van Nellies se trotse geskiedenis.

Nellies se 0/9A Welpies het in Vrydag se halfeindrondte met 27 – 0 teen Laerskool Middelburg gewen. Die span is Saterdag ook as Mpumalanga Grootskole kampioene gekroon nadat hulle vir Laerskool JJ van der Merwe met 12 – 0 in die finaal geklop het.

0.10A Leeutjies

Nellies se 0/10A Leeutjies het Vrydag met Laerskool Klipfontein afgereken met 45 – 0 en is Saterdag as Mpumalanga Grootskole kampioene gekroon nadat hulle vir Laerskool Kruinpark met 31 – 0 geklop het.

Die 0/11A Jong Leeus het twee naelbyt uitspeelrondtes gehad waar die #NellieGuts uiteindelik die deurslaggewende rol gespeel het. In Vrydag se halfeindrondte klop hulle vir Laerskool Klipfontein in ‘n spannende wedstryd met 5 – 0. Die finaal teen Laerskool Goedehoop was geensins makliker nie, en die Nellies wen uiteindelik 14 – 7 om die trofee te lig.

Die Nellie Leeus 1ste XV het die beste vir laaste gelos. Hulle klop vir Middelburg Primary met 55 – 12 in Vrydag se halfeindrondte en wen die finaal gemaklik met ‘n rekordtelling van 41 – 0 teen Laerskool JJ van der Merwe.

Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za

https://laerskoolnelspruit.co.za/

Foto’s: J Orton en N Hauptfleisch

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal