JKS Nasionale Karate kampioenskappe. JKS Bethlehem (Bethlehem Karate) het die naweek van 26 en 27 Mei aan die JKS Nasionale Karate kampioenskappe in Johannesburg deelgeneem. Spanne van sover as Kaapstad het aan die kompetisie deelgeneem.
Drie leerders van Hoërskool Witteberg, Wilien Botha, Hanré Dreyer en Newton Hillis, het die volgende prag-prestasies ingepalm.
- Wilien Botha behaal brons vir kata en brons vir kumite elite in die afdeling eie ouderdomsgroep
- Hanré Dreyer behaal goud vir kata en brons vir kumite elite afdeling eie ouderdomsgroep asook goud vir senior span kata
- Newton Hillis behaal brons vir kata en brons vir kumite ontwikkelings afdeling eie ouderdomsgroep.
JKS National Karate championships. JKS Bethlehem (Bethlehem Karate) competed at the JKS National Karate Championships in Johannesburg on the weekend of 26 and 27 May. Teams from as far away as Cape Town participated in the competition.
Three learners from Witteberg High School, Wilien Botha, Hanré Dreyer and Newton Hillis, achieved magnificent achievements.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf