EHS Netbal en Rugby. EHS Netbal- en rugby spanne het Woensdag, 26 April, teen Hoërskool Rob Ferreira se spanne gespeel. Erries se spanne het goed presteer.
EHS se netbalspanne het vyf van hul agt wedstryde gewen en dié wat verloor het, eindig hul wedstryd met naelbyt-tellings.
Die uitslae is as volg:
- o.14A-span verloor 7 – 15
- o.14B-span verloor 5 – 7
- o.15A-span wen 18 – 11
- o.15B-span wen 9 – 7
- o.16A-span wen 14- 7
- o.16B-span verloor 9 – 11
- Die. Tweedespan oorrompel Rob Ferreira en wen met ’n uitsonderlike telling van 24 – 0.
- Die Hoërskool Ermelo Eerste netbalspan speel uitstekende netbal en eindig hul stryd met ’n prag-telling van 34 – 15.
Erries se rugbyspanne van EHS speel almal aanskoulike rugby en eindig met die volgende tellings:
- o.14A-span verloor 10-24
- o.14B-span verloor 10-30
- o.15A-span wen 34-17
- o.16A-span wen 36-17
- o.16B-span wen 17-12
- Die derdespan verloor met ’n naby telling van 5-10
- Die tweedespan verloor met 12-22
Die Hoërskool Ermelo Eerste rugbyspan se wedstryd was ’n aanskoulike stryd. Teen halftyd is die telling 7-21 in Rob Ferreira se guns. Die Erries het egter geweier om te gaan lê en speel met vasberadenheid aanskoulike rugby. In die laaste minute teken EHS die wenpunte aan en die stryd eindig met 27-24 vir EHS.



Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








