Gert Sibande distrik kampioenskap – Atlete van Hoërskool Ermelo het uitstekend gevaar tydens die Gert Sibande distrik kampioenskap. Die Gert Sibande kampioenskap het op 25 Februarie plaasgevind.
Die atlete wat uitstekend presteer het aan die Bert Sibande distrik kampioenskap, gaan deur na die Mpumalanga provinsiale byeenkoms:
- Zané du Plesis behaal twee eerste plekke in onderskeidelik 200m en 100m-hekkies.
- Bongmusa Vilakazi eindig tweede in die 1500m.
- Tyrone Berning eindig eerste in 400m-hekkies, asook in hoogspring.
- Mia Davel behaal ’n eerste plek in hoogspring en tweede in die 100m-hekkies.
- Mikaela Hand eindig eerste in skyfwerp.
- Luan Greyling behaal ’n eerste plek in die 800m en tweede in die 400m.
- Vicky Janse van Rensburg behaal ’n eerste plek in driesprong, tweede in verspring en twee vierde plekke in onderskeidelik gewigstoot en spiesgooi.
- Marlione Erasmus eindig tweede in die 100m, asook in die 200m.
- Quinet Swart eindig vierde in die 90m-hekkies.
- Janeske Janse van Rensburg eindig derde in die 800m.
- Aletha Kloppers behaal ’n eerste plek in die 3000m.
- Esther Kloppers behaal ’n eerste plek in die 3000m.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto voorsien.
Gert Sibande district championship
Gert Sibande district championship – Athletes from Ermelo High School did also great at the Gert Sibande district championship. The Gert Sibande championship took place on February 25. The athletes who also performed admirably at the Bert Sibande district championships go on to the Mpumalanga provincial event.