Vrystaat Karate. Die Vrystaat Karate Federasie het die naweek van 4 Februarie, hulle jaarlikse Elite proewe aangebied. Dit het plaasgevind by die High Performance Center in Bloemfontein. Gedurende die proewe is karatekas gekies vir die Vrystaat span wat die Vrystaat sal verteenwoordig gedurende die jaar. Verskeie karatekas van Bethlehem Karate het aan die proewe deelgeneem.
Na afloop van die proewe is drie Wittebergers ingesluit in die Vrystaat Karatespan.
Witteberg se karatekas wat gekies is vir die Vrystaat span:
Wilien Botha – Junior – Kumite
Hanré Dreyer – Kadet – Kata en Kumite
Louis Lategan – Junior – Kata en Kumite
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf









