Sport en Kultuur. Die jaarlikse Sport- en Kultuur prysuitdeling is op Donderdag, 27 Oktober 2022 aangebied.
Leerlinge van Graad 8 tot 12 is tydens hierdie prysuitdeling vir hul prestasies op beide terreine vereer. Erepennings is oorhandig aan leerders wat op provinsiale sowel as nasionale vlak presteer het.
- Die toekenning as Sportvrou van die Jaar (binne skoolverband) het gegaan aan Natasha Gertenbach vir haar prestasies in atletiek.
- Jaco Grobbelaar is aangewys as die Sportman van die Jaar vir sy prestasies in atletiek, sowel as rugby.
- Regan Hunter verwerf die titel van Sportman van die Jaar (buite skoolverband) vir sy nasionale prestasies in skiet.
- Benette Frylinck word as die Sportvrou van die Jaar (buite skoolverband) vereer vir haar prestasie as lid van die Nasionale Cheerleadingspan.
- Amy Jacobs verwerf die trofee vir Veelsydigheid
- Sipho Magqibelo ontvang die Meelewingstoekenning vir 2022.
- Die Fichie Koor verwerf ‘n spesiale toekenning vir hul prestasies tydens die kunswedstryd.
Meelewingstrofee
Sipho Magqibelo ontvang dié trofee vir sy positiewe, spontane, passievolle en energieke geaardheid. Die personeel het hom as meelewend, betroubaar, aangenaam en goedgemanierd ervaar. Hy laat nooit sy skool in die steek nie. Sy optrede buite die skoolterrein is `n weerspieëling van die Fichie-leefwyse. Hy is `n ware ambassadeur van Hoërskool Fichardtpark. Sipho was by verskeie aktiwiteite betrokke wat nie noodwendig prestasie-gebonde was nie. Hy het vir die 0/18C- en 0/18D-span rugby gespeel. Hy was `n rasieleier en `n Mnr en Mej Fichie finalis. Sipho is ook gekroon as Mnr Fichie 2022. Hy was verder ook deel van die 1ste seunshokkiespan. Hy was `n VCSV-kringleier en hy het ook op die Leerderraad gedien. ‘n Betrokke Fichie is verseker ‘n gelukkige Fichie!
Sportman en sportvrou van die jaar
Die Sportman en sportvrou van die jaar (binne skoolverband):
- Sportman: Jaco Grobbelaar: Erepenning – Hy behaal `n 2de plek in Hammergooi vir 0/17 seuns tydens die Suid- Afrikaanse Skole Atletiek- kampioenskappe te Germiston in 2022 asook `n 3de plek tydens die Suid-Afrikaanse Junior atletiekkampioenskappe.
- Sportvrou: Natasha Gertenbach: Erepenning – Sy behaal `n 3de plek in die 100m hekkies vir 0/17 dogters tydens die Suid-Afrikaanse Skole Atletiek- kampioenskappe te Germiston in 2022. Sy neem ook aan die World Champs o/20 te Colombia, Suid-Amerika deel.
Sportman en sportvrou van die jaar (buite skoolverband):
- Sportman: Regan Hunter: Erepenning – Hy is lid van die SANSSU Nasionale span wat aan `n internasionale kampioenskap vir luggeweerskiet in Engeland deelgeneem het. Tydens hierdie kampioenskappe het hy altesaam 6 medaljes, waarvan een `n goue medalje vir sy individuele prestasie was, ingepalm.
- Sportvrou: Benette Frylinck: Erepenning – lid van die Suid-Afrikaanse Cheerleadingspan. Sy ontvang Nasionale klere en gaan volgende jaar aan ‘n Internasionale kompetisie in Orlando, Florida, VSA deelneem.
Hoërskool Fichardtpark is besonders trots op al hierdie leerders. Maar ook op elke leerder wat op een of ander gebied presteer het en die Fichie naam hoog gehou het.
Veelsydigheidstoekenning
Amy Jacobs:
- Erekleure Netbal – lid van die Vrystaat 0/18-netbalspan.
- Een van die Top 14 – finaliste tydens die Matrikulant van die Jaar-kompetisie, sy word aangewys as die sportwenner by hierdie geleentheid.
- Erepenning – Sy behaal `n 2de plek in Hammergooi vir 0/19 dogters tydens die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe te Germiston in 2022.
Koor op besonderse manier vereer
Die Hoërskool Fichardtpark skoolkoor het die Michael Casaleggio Wisseltrofee ontvang. Die koor het hierdie jaar `n besonderse prestasie tydens die Vrystaatse Kunswedstryd behaal. Hulle word bekroon as die beste gemengde sekondêre skoolkoor, onder leiding van hul afrigter, Doktor Joanita Erasmus-Alt. Anika Botha die koorleier van 2022 het die trofee namens die koor ontvang tydens die jaarlikse Sport-en Kultuurprysuitdeling.
Sports and Culture
On Thursday, 27 October 2022, the annual Sport and Culture awards ceremony was also held.
Along with this award ceremony, learners from Grades 8 to 12 were also honoured for their achievements in both fields. Medals of honour were also awarded to learners who performed at both provincial and national level.
- The award as Sportswoman of the Year (within school context) went to Natasha Gertenbach for her achievements in athletics.
- The Sportsman of the Year is Jaco Grobbelaar. He was named for his achievements in athletics, as well as rugby.
- Regan Hunter also earned the title of Sportsman of the Year (out of school affiliation) for his national achievements in shooting.
- Benette Frylinck has been honoured as the Sportswoman of the Year (out of school). She was also awarded for her achievement as a member of the National Cheerleading Team.
- The trophy for Versatility was won by Amy Jacobs
- Sipho Magqibelo receives the 2022 Compassion Awards
- The Fichie Choir also earned a special award for their achievements at the art competition.
Flourescence Trophy
Sipho Magqibelo receives this trophy for his positive, spontaneous, passionate and energetic nature. The staff experienced him as compassionate, reliable, pleasant and well-mannered. He never lets his school down. His actions outside the school grounds are also a reflection of the Fichie way of life. He is a true ambassador of Fichardt Park High School. Sipho was also involved in various activities that were not necessarily performance-bound- he played rugby for the U18C and U18D teams. He wasalso a cheerleader and a Mr and Miss Fichie finalist. He was also crowned Mr Fichie 2022. Furthermore he was also part of the 1st boys hockey team. Sipho was a UCSA circuit leader and also served on the Learner’s Council. An involved Fichie is a happy Fichie!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








