Errie-Suprème. Op 17 en 18 Augustus het die EHS-gasvryheidsleerders die geleentheid gehad om nuwe vaardighede aan te leer. Erries se graad 10, 11 en 12 leerders het die voorreg gehad om saam met Captical Hotel School te werk. Die uitvoerende-Chef en lektor, Ilze Krause, en assistent-Chef, Abigail Lupton, het die leerders touwys gemaak.
EHS se graad 10-groepe het Pekanneut en “choc chip”-muffins gebak. Die graad 11-groepe het Victoriaanse sponskoeke gebak wat met sjokolade ganache versier is. Leerders het ook die tegniek om ’n “naked cake” te versier bemeester. Die matriek groepe het hul jaar goed afgesluit met heerlike Focaccia waar hul lekker gespeel het met garnerings.
CHS het leerders ook ingelig oor verskeie kursusse wat aangebied word by Capital Hotel School. Daar is ook moontlike beroepsgeleenthede in Hotelbestuur en Chefs in verskillende afdelings.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf