South African Schools Netball. Each year there is a trophy up for grabs for the best performing school at the South African Schools Netball Championship.
All age groups are also taken into consideration for this award. This year the trophy was awarded to Paarl Girls High School.
Here is the statement of Riette Neethling: “Dit is vir ons by Hoër Meisieskool Paarl ‘n ongelooflike eer om die toekenning te kon ontvang. Die afrigtingsfilosofie by HMS Paarl is daarop ingestel om die pret-faktor van sport te bewaar. Slegs as leerders hul sport geniet, wil hul deelneem en hul beste lewer. Sinergie tussen afrigters en spelers is natuurlik kern belangrik. Die sleutels van HMS se sukses vanjaar op die netbalbaan is juis hierdie passie en toegewydheid. Dit word deur afrigters en spelers gedeel.
Ons begin reeds in die afseisoen met voorbereiding. Hoewel ons die netbalspelers aanmoedig om by die somersporte in te skakel, gaan ons voort om in die afseisoen te fokus op klein tegniese netbalvaardighede waarvoor daar nie altyd tyd in die seisoen is nie. Ons is baie trots om te spog met 35 netbalspanne in ons skool. Massa-deelname word aangemoedig by HMS Paarl. Ons poog om daardeur elke netbalspeler se vaardighede te verbeter. Daar word gefokus op die basiese beginsels van die spel en hoe om dit in hoë druk westryde toe te pas. Akademiese monitering van elke speler/deelnemer, verseker balans tussen akademie, sport en die kunste. Leerders voel dan veilig om hulle beste te lewer.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.paarlgirlshigh.com/
Foto verskaf
Become a Sponsor








