)

Errie Rugbydroom – Word op ys geplaas tot 2023

Errie Rugbydroom. Die Errie-rugbydroom is op op ys geplaas tot 2023. Die o.15A- en eerste-rugbyspanne van Hoërskool Ermelo moes die knie buig teen die spanne van Hoërskool Merensky in Tzaneen.

Albei EHS-spanne het moedig geveg tot die bittereinde. Erries se o.15A-span het net sewe punte nodig gehad om die telling gelykop te maak. Ongelukkig het die eindfluitjie hul droom op nog ’n oorwinning verpletter. Die wedstryd het geëindig met ’n telling van 22-15 in Merensky se guns.

Erries se eerstespan het moedig enduit bly veg in ’n harde wedstryd en in Tzaneen se uitmergelende hitte. Die Erries het, ten spyte van ’n klomp spelers wat in die voorafgaande week siek was, aanhou probeer tot die einde. Hiervan getuig die drie wat in die tweede helfte deur die kaptein, Armand du Preez, gedruk is.

Hoërskool Merensky het egter uitstekende rugby gespeel en veral hul verdediging was rotsvas. Dít besorg aan hulle ’n oorwinning van 45 punte teenoor vyf. Merensky het hulle tuisveldvoordeel optimaal benut.

Alhoewel die EHS-spelers natuurlik teleurgesteld is, kon hulle kop omhoog van die veld af stap. Albei spanne is gekroon as Mpumalanga-wenners. Baie geluk aan hierdie seuns wat ’n uitsonderlike seisoen beleef het!

Erries se trotse O.15A rugbyspan

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal