Errie Rugbydroom. Die Errie-rugbydroom is op op ys geplaas tot 2023. Die o.15A- en eerste-rugbyspanne van Hoërskool Ermelo moes die knie buig teen die spanne van Hoërskool Merensky in Tzaneen.
Albei EHS-spanne het moedig geveg tot die bittereinde. Erries se o.15A-span het net sewe punte nodig gehad om die telling gelykop te maak. Ongelukkig het die eindfluitjie hul droom op nog ’n oorwinning verpletter. Die wedstryd het geëindig met ’n telling van 22-15 in Merensky se guns.
Erries se eerstespan het moedig enduit bly veg in ’n harde wedstryd en in Tzaneen se uitmergelende hitte. Die Erries het, ten spyte van ’n klomp spelers wat in die voorafgaande week siek was, aanhou probeer tot die einde. Hiervan getuig die drie wat in die tweede helfte deur die kaptein, Armand du Preez, gedruk is.
Hoërskool Merensky het egter uitstekende rugby gespeel en veral hul verdediging was rotsvas. DÃt besorg aan hulle ’n oorwinning van 45 punte teenoor vyf. Merensky het hulle tuisveldvoordeel optimaal benut.
Alhoewel die EHS-spelers natuurlik teleurgesteld is, kon hulle kop omhoog van die veld af stap. Albei spanne is gekroon as Mpumalanga-wenners. Baie geluk aan hierdie seuns wat ’n uitsonderlike seisoen beleef het!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf