Tienertoneel. Drie van Hoërskool Witteberg se toneelstukke, Duiwelsdans, Rooi en Verspeelde Tyd het verlede Donderdag, 28 Julie deelgeneem aan Op die planke se toneelfees. Een-en-twintig leerders van Witteberg is betrokke by die toneelstukke. Hulle is Jano Taljaard, Noxy Ngozo, Zinathi Matshotyana, Hanno van der Merwe, Ashton Diedericks, Hendré Blignaut, Luciano di Mezzi, Dirk Willemse, JG Rothman, Simoné Nel, Milan de Villiers, Jani de Bruin, Cara Cilliers, Ziané Lottering, Mignon Thomas, Simoné de Villiers, Illne Myburgh, Jomica Marx, Jo-Ri Odendaal, Henke Minnaar en Nerida de Beer.
Al drie stukke het deurgedring na die nasionale finaal wat op 15 Oktober sal plaasvind. Die drie stukke neem ook volgende week op 9 Augustus deel aan ATKV Tienertoneel Streekfees in Bloemfontein op.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf