SA O.18A Hokkiespan. Drie leerders van Hoër Meisieskool Oranje is Vrydag, na afloop van die IPT in Stellenbosch vir die SA O.18A-hokkiespan gekies.
Ané Janse van Vuuren, Germarie Spershott en Leané McLaren gaan vir die nasionale span in ’n toetsreeks teen Namibië speel. Ané, wat die hele tweede kwartaal se wedstryde vir haar skoolspan met ’n dyspierbesering misgeloop het, is as die onderkaptein aangewys. Germarie het ook onlangs van ’n besering herstel. Dit is die tweede keer in sewe maande wat Germarie ’n nasionale span haal. Sy was in Desember ’n lid van die SA o.20-atletiekspan.
Nog twee OMS-spelers, Nicóle le Roux en Naudene Prinsloo, het die SA o.18B-span gehaal. Leané, Naudene en Nicóle se ouer susters, onderskeidelik Jacolene, Matilé en Mikkela, was ook aldrie tussen 2018 en 2020 vir SA-skolespanne gekies.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf