)

Rugby Kapteins – Schools That Rock gesels met Duran Sauer

Rugby Kapteins. In ons reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met Duran Sauer. Duran is die kaptein van Hoërskool Aliwal-Noord se 1ste rugbyspan. Hy druk vandag die sestiende drie in ons reeks oor Rugby Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika.

“Ek het op die ouderdom van 12 begin rugby speel. Die rede waarom ek van rugby hou, is omdat dit vir my lekker is om saam met my vriende op die veld te speel en dit net te geniet. Ek het besluit om rugby te speel want ek het gesien hoe my ooms en pa speel. Dit was my droom om so goed soos hulle te speel.

Wat ek van my eerste rugby wedstryd kan onthou, is dat dit baie stresvol was. Dit was veral aan die begin van Graad 8 toe ons met tokse begin speel het. Dit was baie lekker, al was ek bang om seer te kry.

As rugby kaptein is my raad aan beginners is om hard te werk en nooit op te gee met jou doelwitte wat jy wil bereik. Geniet dit van die begin af.

Die posisie wat ek tans speel is nommer 8. Ek het in Graad 6 en 7 ook nommer 1 of 3 gespeel.

Eerste keer kaptein

Die eerste keer wat ek as rugby kaptein verkies is, was in Graad 8. Ek beskou my grootste taak as rugby kaptein, op die veld en tydens  oefening, om my spanmaats te motiveer en saam te bring as broers.  Ek lei hulle op die veld en van die veld af dat ons as ‘n span moet saam speel en dat hulle hul beste moet gee.

Om my span gemotiveerd te hou, moedig ek hulle aan om hul koppe hoog te hou totdat die wedstryd verby is.  Ons speel vir die Buffel op ons trui en ‘n Buffel gee nooit op nie.

Ons span oefen vier keer per week en ek het my eie oefenprogram wat ek by die huis doen. Die bekwaamhede waaroor ‘n goeie rugbyspeler moet beskik is eerstens fiksheid. Hy moet ook goed gekondisioneerd wees om ‘n verskil te maak op die veld. Die rugby kaptein moet ook oor goeie kommunikasie-vaardighede beskik.

Sleutel tot sukses

My sleutel tot sukses op die rugbyveld is om my hart uit te speel, nie net vir myself nie, maar ook vir my broers. Wat my, as rugby kaptein inspireer elke keer wanneer ek op die rugbyveld draf vir ‘n wedstryd, is dat ek saam met my broers gaan opdraf. Om saam met hulle te speel inspireer my altyd want ek weet ons speel vir mekaar.

In my loopbaan sover was my lekkerste wedstryd tydens ons rugbytoer toe ons teen Hangklip gespeel het. Die rede dat dit my die lekkerste wedstryd was, was omdat ons as ‘n span sterk saam gespeel het en dat ons vir mekaar gespeel het. Ons het mooi en harde rugby gespeel. Ons het alle fasette van die spel gedomineer en dit net geniet. 

Die wedstryd wat ek liewer wil vergeet, was ook op ons rugby toer gewees toe ons teen die Tigers gespeel het. Ek wil dit graag vergeet, want hulle het vuil rugby gespeel, maar ons het steeds ons koppe hoog gehou en verder gespeel.

Hanteer druk

Ek hanteer druk, as rugby kaptein, tydens ‘n wedstryd deur diep asem te haal en dan begin ek fokus op wat ons geoefen het. Dan kalmeer en motiveer ek my spanmaats. Na ‘n moeilike wedstryd sal ek altyd raad en hulp vra vir my afrigter en spanmaats.

My top prioriteite is om gesond en fiks te bly.  Om my span te motiveer en om elke wedstryd te geniet.

My gunsteling professionele rugbyspeler is Duane Vermeulen.

Die doelwitte wat ek graag hierdie jaar wil verwesenlik is om my spanmaats trots te maak en om die interskole te wen.

Die persoon in ons span wat my die meeste verras, is ons nommer 10. Hy is die kleinste persoon op die veld, maar hy speel sy hart uit en hy is net ‘n baie goeie rugbyspeler.

Ek beskou ons bestuurder, Sipilele, as die “nar” in ons geledere.

Ons afrigter en spanmaats beskryf my as ‘n leier wat dapper, sterk en fiks is.

Verantwoordelikhede

Ek hanteer my verantwoordelikhedeby rugby saam met sosiale en akademiese verantwoordelikhede goed. Wanneer ek moet oefen vir rugby gee ek my alles, ek fokus en oefen hard. As dit by akademie kom, leer ek net so hard. Daar sal altyd tyd wees vir speel en leer.

Wat my die meeste opgewonde in die lewe maak, is om met my familie en vriende te wees.

Om eendag ‘n suksesvolle boer te wees, is my grootste droom.

Die professionele rugbyspeler met wie ek graag wil koffie drink, is Duane Vermeulen.

Ek sal myself in een woord beskryf as hardwerkend.”

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.facebook.com/AliesANHS/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal