)

Witteberg Personeel – Hoërskool Witteberg groet Mev Stefanie Meyer

Witteberg Personeel. Soos wat onderwysseisoene verander, het die tyd vir Witteberg personeel ook aangebreek om een van hul unieke personeellede te groet.

Mev. Stefanie Meyer tree vandag as opvoeder verbonde aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem af. Op haar mooi en opregte manier was sy die dame wat seker gemaak het dat vele ratte van Witteberg reg draai. Haar hart vir ons skool en omgee vir sy leerders het haar ‘n enorme deel gemaak van dit wat Witteberg vandag is. Sy is meesterlik.

Vir die afgelope 33 jaar was dit ‘n ongelooflike voorreg om haar diensbaarheid en kundigheid te kon beleef. Haar gelyke is bitter skaars. Sy het in haar tyd by Witteberg as leerkrag begin en daarna oorbeweeg na die administratiewe sy van die skool. Hier het sy op haar beskeie en vriendelike manier gewys dat professionaliteit en ‘n besondere werksetiek, die sleutel tot sukses is. Geen taak was ooit vir haar te groot nie en is altyd met ywer aangepak. Sy is vir lank reeds baie geliefd onder almal met wie sy in aanraking gekom het.

Ons wens haar alle seën toe met haar aftrede. Sy het aan ons elkeen by Witteberg bewys dat die lewe ons niks skuld nie, behalwe die geleentheid om goed te doen aan ander. As mentor, kollega en vriend gaan ons haar beslis mis.

Mev. Meyer, mag die pad vorentoe gevul wees met vreugde en mag God jou in die palm van Sy hand hou. Jy sal altyd ‘n voorbeeld vir ons bly.

Ons salueer jou!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://witteberghs.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal