Junior Springbokspan. Drie oud-bulle van Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal, is onlangs in die Junior Springbokspan ingesluit.
Paul de Villiers (hoofseun van 2021), Neil le Roux (2021) asook Corné Rahl (2020) is ingesluit in die span wat aan die Ses-Nasies Somerreeks in Italië gaan deelneem. Dit vind plaas vanaf 24 Junie tot 12 Julie.
De Villiers, afkomstig van George, Rahl van Montagu en Le Roux van Uniondale het ook op hul beurt vir die Oakdale vyftiental uitgedraf.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf