Netbalspeler na Witteberg. Hoërskool Witteberg in Bethlehem het aangekondig dat Mej. Alicia Puren, bekende netbalspeler by Witteberg aansluit. Sy is van Kingsway Hoërskool, en sal eersdaags as onderwyser by Witteberg aansluit.
Alicia beskik oor ‘n B.Ed Onderwysgraad in die senior en FET fase. Sy is nie net ‘n passievolle onderwyser wat onderrig bied in Wiskunde, Lewenswetenskappe en Natuurwetenskappe nie, maar is ook ‘n kranige netbalspeler en afrigter.
Alicia speel tans self in die Nasionale Telkom Netbalreeks vir die KZN Kingdom Stars. Sy was ook lid van die SA onder 19 span en kaptein van die SA onder 21 netbalspan. Alicia is tans ‘n gekwalifiseerde SASN Vlak 2 afrigter en skeidsregter.
Sy sluit vanaf 1 Augustus by Witteberg aan en die skool sien met groot opgewondenheid uit na haar bydrae wat sy tot die leerders gaan lewer in die klas en op die netbalbaan. Alicia gaan vir seker dat sy diep spore trap in die Witteberglandskap.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








