Revue -To paraphrase Plato: All well-bred men (and women) should have mastered the art of singing and dancing.
Hoërskool Aliwal Noord het maande lank geoefen en voorberei vir die kultuurweek. Om weer ‘n kultuurweek met ‘n Revue, na so ‘n lang tyd op die planke te bring was, ‘n onvergeetlike gevoel! Na maande se oefen en voorbereiding was die tyd daar en was dit sulke tyd.
Die Revue is deur ongeveer 50 opgewonde leerders die hele week lank gehou. Hulle het gesing en gedans dat die saal se planke omtrent gebewe het!ge
Vir ANHS was dit ‘n trotse week van Revue waar gesien kon word hoe verskeie leerders hierdie talente na vore bring.
ANHS bedank graag die volgende persone en instansies vir hulp met die Revue:
- JF Bosch saam met Franco, die ander klankmanne asook Marques in beheer van die beligting vir die Revue.
- Die gasvryheidstudies leerders en me Petro Makkink wat gesorg het vir die heerlike kos.
- Me Lise-Mari Erasmus, Me Zanie van Schalkwyk, Me Jana Venter en Me Aniéke Ferreira wat gesorg het dat die voorportaal en die saal ‘n fees vir die oog was.
- Me Tannielle Moody wat die skool se dans groepe afgerig het.
- Herman Theron wat as seremoniemeester opgetree het.
- Me Ilse Booysen en me Gerda-Marie Carstens wat maande lank saam met die leerders aan die Revue geoefen het om ‘n produksie van sulke hoë gehalte te kon produseer.
- Lollie Greyvenstein vir die neem van die foto’s.
- Annelie Emmerich, Petrie Wagenaar en Adriaan Pre wat saam met die graad 8 leerders as verhoog bestuur opgetree het.
Dankie vir elke ouer en leerder wat die Revue van 2022 bygewoon en ondersteun het. Dit beteken vir die skool en die leerders ongelooflik baie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.facebook.com/AliesANHS/
Foto’s voorsien