EHS Seunshokkie. ‘n Strawwe wedstryd tussen EHS en Curro Secunda se o/16-span seunshokkie, is op Woensdag, 11 Mei, op EHS se astro gespeel. Alhoewel die Erries vele pogings aangewend het om doele te skiet, kon die EHS seunshokkie span dit ongelukkig net nie afrond nie. EHS verloor teen Curro die stryd met 2 – 0.
Die speler van die wedstryd is Stiaan van den Heever.
Hierdie week speel die eerste seunshokkie span en o/16-span teen Hoërskool Piet Retief. Baie sterkte aan elkeen met die wedstryde wat voorlê.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf