)

Vrystaat Luggeweerkompetisie – ANHS bied kompetisie aan

Vrystaat Luggeweerkompetisie. Die Buffelkamp, oftewel Hoërskool Aliwal-Noord, het die Vrystaat Luggeweerkompetisie aangebied. Vrystaat Prysskiet 3 het die afgelope naweek in Alie-land plaasgevind.

Altesaam 148 skuts het aan hierdie kompetisie deelgeneem. Die kompetisie het oor twee dae plaasgevind. Daar is Vrydagaand ‘n heerlike ‘steakete’ op die ANHS rugbyveld gehou. ANHS skietklub se ses skuts het weereens nie teleurgestel nie. Hulle het met trots twee medaljes verower.

Die drie O.14 skuts het deelgeneem in ‘n groep van 60 skuts en welverdiende posisies los geskiet. Nellie Geldenhuys, een van die Alie beginner-skuts, het die naweek vir almal gewys dat dinamiet beslis in klein pakkies kom. Nellie behaal ‘n spoggerige tweede plek met 798 punte.

Gary Marx het ook nie teruggestaan nie en behaal ‘n derde plek met 791 punte. Annika de Wet behaal 561 punte ‘n persoonlike beste en omtrent 27 punte meer as tydens die vorige kompetisie. Izelle van Vuuren en Johane Malan het in die onder 16 afdeling deelgeneem. In hierdie groep het 67 skuts gekompeteer. Izelle behaal ten spyte van verskeie uitdagings, ‘n trotse vierde plek met 853 punte. Johane Malan behaal ‘n goeie 25ste plek met 762 punte.

ANHS se onder 21 skut, William Muir, het 45 punte beter as die vorige kompetisie geskiet. Hy het ‘n sewende plek behaal uit 21 skuts met 841 punte.

Daar is die afgelope naweek weereens bewys dat hierdie skool klein genoeg is om om te gee maar groot genoeg is om ‘n verskil te maak.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.facebook.com/AliesANHS

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal