)

Skaak – Erries geniet dit weer om skaak te speel

Skaak – Hoërskool Ermelo se skaakspelers het dit geniet om weer hul skaakstukke uit te pak. Hulle het na bykans drie jaar weer uiteindelik agter die skaakborde ingeskuif. Op 20 April het Erries deelgeneem aan ‘n skaaktoernooi teen Hoërskool Piet Retief.

Aangesien dit net ‘n vriendskaplik wedstryd was, is die leerders besonder opgewonde oor die fantastiese geleentheid om weer te kan meeding in skaak.

Die opgewonde spanlede was as volg: Otto van Schalkwyk, Dirk Maritz, Jan-Maarten van Schalkwyk, John-Pierre van Rooyen, Altus Boshoff, Sihle Mthethwa, Ennocent Kiti, Riku van der Bank, Beyonce Machidza, Daniël Mostert, Damian Lotterie en Siyanda Yende.

Alhoewel Erries derde geëindig het, was daar individuele spelle wat in hulle guns beklink is. EHS het in die stryd teen twee skole gelykop gespeel en was waarlik ongelukkig om teen die derde een te verloor. Dirk Maritz het uitgestaan tydens die toernooi met twee rondtes wat hy gewen het en een wat gelykop geëindig het.

Al die skaak spelers sien met groot afwagting uit na die amptelike liga wat middel Mei 2022 begin. Die Erries wens hierdie span besonder baie sterkte en voorspoed toe.

Skaak – Erries geniet dit weer om skaak te speel. Op die foto Links sit Otto van Schalkwyk en regs is Dirk Maritz
Skaak – Erries geniet dit weer om skaak te speel. Links is John-Pierre van Rooyen en regs Altus Boshoff

Foto’s voorsien

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal