DEBAT – Die Suid Kaap uitdunne van die senior- en juniordebat het op 8 April by Hoërskool Langenhoven in Riversdal plaasgevind. Stefani Muller en Daniella Duvenhage het aan die seniordebat deelgeneem.
Die leerders wat in die junior debat deelgeneem het was Twané Herbst, Reece Meyer en Zarah Herselman. Nog leerders wat in die junior debat deelgeneem het was Quré Roets, Dané Lubbe en Liané Pretorius.
Al drie die spanne het hulself baie goed van hul taak gekwyt. Ten spyte van die senuwees was hulle almal kalm en reg om hul harte uit te debatteer vir Hoërskool Punt.
Uitslae sal later bekend gemaak word.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.pointhighschool.co.za/
Foto verskaf