Skiet – Hoërskool Upington het ‘n baie suksesvolle Liga 2 skiet kompetisie op 8 en 9 April aangebied.
Janko Botma behaal twee silwer medaljes in die o/21 Sportergeweer se drie-posisie (525) en in 10m staan (346). Algeheel kry hy ‘n tweede posisie. Durin Smith behaal twee brons medalje vir die derde plek in o/16 Sportergeweer se 3-posisie en 10m staan.
Martin Kotzé kry ‘n goue medalje in die o/21 Veergeweer se 10m staan (316). Algeheel kry hy ‘n tweede posisie. Rique Slabbert kry ‘n derde plek (brons medalje) in die o/21 Veergeweer se 3-posisie (457) en ‘n vierde plek in die staan (279).
Johan Serfontein kry goue medaljes in die o/14 Veergeweer se drie-posisie (433) en in die 10m staan (269). Algeheel kry hy die eerste plek.
Baie geluk aan die skuts en baie dankie aan hulle ouers vir hulp en ondersteuning.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf