)

Sport – Paul Roos en Grey High hervat 20-jaar tradisie op hoë noot

Sport – Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch en Grey High van Gqeberha, het na die pandemie weer ‘n 20 jaar oue sport tradisie hervat. Na die laaste byeenkoms in 2019 het die Paul Roosers weer Grey High besoek. Dit was met groot opgewondenheid waar meer as 600 Paul Roosers aan die Grey High Derby sport byeenkoms deelgeneem het. Die byeenkoms het plaasgevind vanaf 7 – 9 April 2022.

Interskole-Derby

Die Interskole-derby het nie net op die tradisionele sportkodes gefokus nie. Hulle het ook aan kultuuraktiwiteite soos skaak, debat en selfs e-Sport deelgeneem. Een van die hoogtepunte van die naweek was die Paul Roos-drumline se optrede. Dit het ‘n groot bydrae gelewer om die sportmangees aan te wakker.

Paul Roos Gimnasium Drumline optrede
PRG Vlag op pawiljoen
PRG Vlae by Grey High
Verskeie sport uitslae:

Paul Roos Gimnasium het uitstekend gevaar en die volgende uitslae is behaal.

  • Golf: Al drie golfspanne wen hul wedstryde gespeel by Humewood gholfbaan.
  • Tennis: PRG wen al 18 wedstryde wat gespeel is, insluitend dubbel- en enkelspel-wedstryde.
  • Bergfiets: PRG wen Grey High met 124 – 96.
  • In Muurbal het PRG verloor.
  • Landloop – 7km-wedloop en aflosse wen PRG
  • Skaak: PRG wen al sewe wedstryde. Die skaakspankaptein, Alex van der Merwe, is onlangs aangewys as die beste o/18-skaakspeler in Suid-Afrika.
  • Debat: PRG wen en twee PRG-leerders Nikolaj van Rensburg en William Louw wen as beste sprekers.
  • E-sport wen al drie CS:GO en Rocket League wedstryde en verloor teen Grey High se League of Legends-span.
Hokkie uitslae:
  • PRG-hokkie het Donderdag 7 April teen Pearson High School deelgeneem. PRG wen twee wedstrdyde. Die eerstespan speel gelykop met ‘n telling van 3-3.
  • Teen Grey High het PRG 5 wedstryde gewen, 3 gelykop gespeel ingesluit die eerstespan met 1-1 en 3 wedstryde verloor.
Rugby uitslae:
  • Die rugby-spanne het besonders goed gevaar en al 15 wedstryde teen Grey High gewen. Die tellings was soos volg:
  • o/14-spanne wen al vier wedstryde ingesluit die o/14A-span met 7-6
  • o/15-spanne wen al drie wedstryde en die A-span wen 31-0,
  • o/16-spanne wen al drie wedstryde en die A-span wen 26-0.
  • PRG o/19-rugbyspanne het al vyf wedstryde met die volgende tellings gewen:
  • 19A wen 30-14,
  • 19B wen 21-20,
  • 19C wen 20-13,
  • 19D wen 29-0,
  • 19E wen 31-0
Sokker uitslae:
  • Paul Roos se sokkerspan het saam na Port Elizabeth getoer waar hul teen Victoria Park High deelgeneem het. Uitslae was as volg:
  • o/14A verloor 2 – 5
  • o/15A gelykop 0 – 0
  • o/17A wen 1 – 0
  • o/19A wen 3 – 1.
E-Pos van ‘n ouer:

“Na afloop van die sport naweek het die skool die volgende epos van ‘n Paul Roos-ouer ontvang; “Die orde, dissipline en respek van die leerders het my opgeval vroeg Sondagoggend toe hulle by die skool gearriveer het. Natuurlik was die kinders moeg, maar hulle kon deur ‘n ring getrek word, netjies in hulle stepouts geklee.  Ek het verskeie leerders gesien wat pertinent vir hul busbestuurders gaan bedank het. Dis ontsaglike klein goedjies wat baie groot respek inboesem.”

Paul Roos Gimnasium waardeer elke leerder, ouer, afrigter en personeellid vir hul waardevole bydrae tot die sukses van die toer en uitleef van die Paul Roos-waardes.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://paulroos.co.za/

Foto’s verskaf deur Hendré Schoeman

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal