)

Hokkie Kapteins – Shané Beetge gesels met Schools That Rock

Hokkie Kapteins. In ons reeks oor sportkapteins gesels Schools That Rock met Shané Beetge. Sy is Hoërskool Florida, Gauteng, se 1ste hokkiespan kaptein. Shané teken vandag die eerste doel aan in ons nuwe reeks oor hokkie kapteins van hoërskole in Suid-Afrika.

“Ek het op die ouderdom van 6 jaar begin hokkie speel. Daai tyd het ons nog begin leer om met toilet rolletjies om ons stokke te speel sodat ons kon leer dat die linkerhand jou stok moet beheer en die regterhand dien slegs as ondersteuning.

Die rede hoekom ek van hokkie hou, is oor daai gevoel wat ‘n mens kry as al jou probleme en gedagtes verdwyn. Dis die tipe gevoel van kalm wees en op dieselfde tyd skiet daar ‘n warm gevoel van energie deur jou liggaam. Die rede hoekom ek hokkie speel is omdat dit my laat voel of ek in my eie wêreld is. Dit wys my dat daar wel moeilik tye gaan wees, maar die spel is nie oor totdat die eindfluitjie blaas nie. Die les kan ek ook vergelyk met die groot wêreld.

Die posisie wat ek tans speel is in die middel agter. Ek het al klomp posisies gespeel, bv center foward, sweeper, right link en left defender.

My gunstelling hokkiespelers is Noor Omrani en Jamie Dwyer. Dié spelers het ongelooflike beheer oor die bal en is nie bang om vir die bal te gaan nie. Hulle vat ook elke kans wat hulle kry om punte aan te teken.

Laerskool

In die laerskool was daar nie ‘n vaste kaptein in ons span nie. Ek was in graad 6 gekies as onder-kaptein in my D12 span. Vanaf graad 8 was ek gekies om my span se kaptein te wees en dit is tot nou toe ‘n groot eer.

Ek voel dat die grootste taak van kaptein-wees, is om ‘n vriend en ‘n leier te wees. Dit is wanneer jy as kaptein na almal se probleme moet luister en met ‘n oplossing te kom waarmee die hele span sal saamstem. Jy moet altyd positief bly en jou span motiveer om nie op te gee nie. ‘n Kaptein moet kan sien waar elke speler kan verbeter en hulle ondersteun sowel as die afrigter.

My span oefen van Maandae tot Donderdae. Gewoontlik van 15:00 tot 17:00. Ek het wel ook my eie oefenprogram waar ek voor hokkie-oefening gaan gym en soms oor naweke bietjie balwerk probeer inkry.

Ek persoonlik dink dat ‘n goeie hokkiespeler ‘n sterk uithouvermoë moet hê en nie bang moet wees om reggehelp the word nie. Daar moet altyd plek vir verbetering wees en hulle moet verstaan dat hokkie ‘n spansport is.

Sleutel tot sukses

My sleutel tot sukses op die hokkieveld is om die hele spel te probeer lees en op jou span te vertrou. Ek moet deur die pyn druk en vir myself sê: “Jy kan nog aanhou”.

Die ding wat my inspireer op die hokkieveld is die liefde vir die sport. Verder ook wat op almal se gedagtes geplaas is en die toewyding wat gevoel kan word.

My lekkerste wedstryd was op 16 Junie 2018 teen Hoërskool Marais Viljoen. Ek het ‘n hokkiebal in 2 (stukkend) geslaan. Almal was eers geskok oor wat gebeur het en toe begin ons net lag. Nadat ek die bal gebreek het, het die ander span sommer ekstra verder gestaan as ek die 16 moes vat. Ek het daai dag gevoel of ek ‘n monster was. Maar dit was baie snaaks en ek dink nie ek sal daardie dag ooit kan vergeet nie.

Crawford College

Die dag wat ek graag wil vergeet is toe ek ‘n wedstryd teen Crawford College in die laerskool gespeel het. Ek het erg seer gekry en ek wou nie van die veld af gaan nadat ek beseer is nie. Dit het my geleer dat ek ‘n goeie uithouvermoë het, maar ek moet weet wanneer dit tyd is om te stop.

Wanneer ek druk tydens ‘n hokkiewedstryd ervaar probeer ek om net kalm te bly en aan alle moontlike oplossings te dink op daardie oomblik.

As kaptein probeer ek altyd om my span te motiveer deur hulle te komplimenteer as hulle goed speel en aan te spoor as hulle af voel.

My huidige top 5 prioriteite in my lewe is:

  •   Om goeie punte te behaal vir ‘n helder toekoms.
  •   My hart uit te speel op die veld.
  •   Sterker te word in my geloof.
  •   Almal rondom my te ondersteun en gelukkig te hou.
  •   Op myself te fokus en verbeter.

My raad vir iemand wat nog nuut is in hokkie is, is dat dit dalk eers moeilik mag lyk, maar hoe meer jy oefen en nie opgee nie, hoe vinniger gaan jy verbeter. Net omdat daar iemand beter as jy is beteken dit nie jy’s sleg nie.

Ek speel meestal in die vakansies hokkie-wedstryde en kyk ook na hokkie op die televisie. Dit leer my hoe om wedstryde te lees en op watter verskillende maniere mense reageer wanneer hulle goed verdedig word.

Noor Omrani

Ek het al probeer om meer soos Noor Omrani te speel omdat sy regtig baie goed is. Maar ek sal egter maar baie meer moet oefen om dit reg te kan doen.

My doelwitte wat ek graag wil bereik is om meer in myself te glo. Ek wil ook verbeter as ‘n hokkiespeler en as ‘n persoon. Verder wil ek wil ook my droomwerk kry en meer tyd met my geliefdes spandeer. 

Ek hanteer my verantwoordelikhede by hokkie saam met my sosiale en akademiese verantwoordelikhede deur genoeg tyd aan my sport en akademie in die week te spandeer. Oor naweke of tydens skooltyd fokus ek op die tye saam my vriende en familie. 

Ek wil graag na skool by ‘n hokkie klub aansluit om aan te hou met die sport wat ek liefhet en hopelik om so ver te gaan om vir Suid-Afrika te speel.

My enkele hoogtepunt die afgelope 5 jaar is dat ek vriende gemaak het met mense wat my verstaan, ondersteun, liefhet en my laat vergeet van die slegte dinge.

Ander belangstellings

Ja, ek het ander belangstellings ook. Ek is baie lief vir sing en ek wil graag eendag my eie musiek maak.

Ek is seker my spanmaats en afrigter sal my beskryf as ‘n ‘weird’ maar positiewe mens.

Ja, ek het al wedstrydplanne en voorstelle gemaak wat versoorsaak het dat ons baie balle gekeer het sonder dat die opponente meer punte kon aanteken.

Ek kyk baie op na Coach Cycil as rolmodel wat my al soveel keer nuwe dinge geleer het. My ander rolmodel is Juffrou Fouché wat altyd daar is vir ons span en ons help om te verbeter.

Die ding wat my die meeste opgewonde maak in die lewe is positiewe mense.

Ek sal graag eendag koffie wil drink met Noor Omrani en gesels oor haar hele hokkie loopbaan.

Ek sal myself beskryf as uniek.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.florries.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal