Erries Landsdiens. Hoërskool Ermelo se Landsdiensklub het vanjaar reeds drie byeenkomste gehad. Die Errie-Landsdieners het getoon dat hulle beslis slaggereed is vir die jaar wat voorlê!
Die Erries landsdiens se eerste byeenkoms op 2 Februarie gehou. Daar is ‘n skattejag gehou met vier belangrike punte. 1. Liefde vir God (Bybelvasvra). 2. Liefde vir jou medemens (speletjies). 3. Liefde vir die natuur (identifisering van plantspesies). 4. Liefde vir arbeid (fisiese oefeninge).
Die leerders is in vier spanne ingedeel. Hulle moes met behulp van leidrade elke tien minute roteer na die volgende punt.
Die tweede byeenkoms het in die vorm van ‘n kenmekaar geskied. Administratiewe reëlings is daarna deurgegee. Dit sluit in registrasie, Landsdiens se gedragskode, hoërskooltoekennings asook kampreëlings.
Tydens die derde ontmoeting het mej Carina Verster die Erries geleer hoe om tamatie-, koljander- en basiliesade in bioafbreekbare houers (bv. eierhouers) te plant. Die Landsdieners is ook wysgemaak oor wat die begrippe hergebruik, herwinning en vermindering behels. Dit is m.b.t. omgewingsbewustheid en –bewaring.
The school is clearly excited about the rapid growth of their newly found Land Service club! Land Service takes place on Wednesday afternoons from 15h-16h. Learners who are interested in Land Service need to pay an annual membership fee of R150 (camps excluded). Miss Lizanne Dippenaar, Zara Büchling, Carina Verster and mr Ruben Fouché run the EHS Land Service Club.
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za