)

Interhoër Swemgala – Hoër Meisieskool Oranje Vrystaatkampioen

Interhoër Swemgala. OMS doen dit weer in swembad! Hoër Meisieskool Oranje is, danksy veral sy senior swemmers, weer vanjaar, as die Vrystaatkampioen vir meisiespanne gekroon. Hierdie prestasie is behaal tydens die Interhoër swemgala.

Die Interhoërswemgala is Donderdag en Vrydag in die Stadion-swembad beslis. Daar was vanjaar 22 deelnemende skole. Dit was die Oranjeniete se sewende agtereenvolgende sege in dié gala.

Dié meisieskool het in die ouderdomsgroepe 17 en ouer, 16 en 15 geseëvier. Die 17 en ouer jaargroep se puntetotaal is die meeste deur enige jaargroep. Dit sluit seuns en meisies in. Hulle het ook hul 2 aflosse gewen. Anieke Helmand (wat eers volgende maand 17 jaar oud word) was gesamentlik eerste in 17 jaar en ouer. Francisca van Rooyen was die beste swemmer in die 16-jaar groep.

Chloë le Roux (17 jaar en ouer), Mari Nortjé (16) en Nanette Jordaan (15) was almal derde in hul jaargroepe. Anieke het in al vyf haar individuele items skitterend gevaar en eerste aan die muur geraak! Francisca het vier eerste plekke en ’n tweede plek opgeraap. Sy is ook die nuwe eienaar van die 50m-rugslag. Francisca het ook twee bestaande rekords van 2020 by dié gala.

Vir die swemkaptein, Guilma Lausberg, was dit die spreekwoordelike kersie op haar verjaardagkoek van Donderdag.

Anieke Helmand was as 16-jarige die gesamentlike beste swemmer vir meisies 17 jaar en ouer

Foto’s verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal