)

Interhoër – Hoërskool Ermelo se atlete wen TWK Hoëveld Interhoër 2022

Interhoër – Hoërskool Ermelo se atlete het die TWK Hoëveld Internooi 2022 gewen. Op Saterdag 19 Februarie is die jaarlikse Hoëveld Interhoër deur Hoërskool Oosterland in die Secunda stadion aangebied.  Die volgende skole het deelgeneem aan die Interhoër: Hoërskole Ermelo, Rob Ferreira, HTS Witbank, Middelburg, Oosterland, Volkskool Heidelberg en Ligbron Akademie vir Tegnologie.

Die Errie-atlete was vroeg uit die blokke en het reeds sedert die eerste item getoon dat hul daar was om die Interhoër te wen.  Daar was deurlopend aanskoulike atletiek op die baan sowel as op die veld.  Elke Errie het met deursettingsvermoë, motivering en trots deelgeneem en hul beste gegee.  Dit is hierdie veggees en hardwerkende gesindheid wat die Erries bo-aan Interhoër 2022 se punteleer geplaas het.

Die uitslae vir die Interhoër was as volg:
Algeheel:

1ste Plek – Hoërskool Ermelo. 2de Plek – Hoërskool Rob Ferreira. 3de Plek – Hoër Volkskool Heidelberg.

Trofeë vir die besondere prestasies van die dag:

Beste Worpe Jnr. Dogter – Elizma Swart. Beste Spronge Snr. Dogter – Mia Davel. Beste Hekkies Jnr. Dogter – Elizca Lotz. Beste Hekkies Snr. Dogter – Mia Davel. Beste Hekkies Snr. Seun – Tyrone Berning. Beste Middel- en Langafstande Jnr. Dogter – Esmarie Klopper.

Senior Victor Ludorum

Tyrone Berning

Beste Dogterspan van die dag

Hoërskool Ermelo

Erries het 84 medaljes (33 Goud, 31 Silwer en 20 Brons) behaal.

Bongmusa Vilakazi, Luan Greyling en Tiaan Grobler
Elizca Lotz, Elizma Swart en Esmarie Klopper
Tharina Viljoen, Mia Davel en Nicky van Rensburg
Tyrone Berning (links) en Danel Olivier (regs)

Hoërskool Ermelo is besonder trots op elke atleet wat deelgeneem het.  Alhoewel atletiek ‘n individuele sport is, is Interhoër beslis ‘n spansport waar elke bydrae tot die span van groot waarde is.  Dankie aan elke atleet wat sy/haar beste, op en van die baan, gegee het deur die loop van die seisoen.  Dankie aan elke ouer en leerder wat hul kinders en maats met liefde en positiwiteit ondersteun het.  Hoërskool Ermelo bedank ook graag al die afrigters wat hard gewerk het om die atlete gereed te kry om tot die beste van hul vermoë te presteer. 

Erries is trots op elkeen van julle!!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Foto’s voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal