Tjaart Vorster tennistoernooi. Bethlehem Voortrekker Hoërskool se 1ste tennisspanne het die afgelope paar dae wonderlike tennis gespeel in ‘n warm Cradock gedurende die Tjaart Vorster tennistoernooi.
Meisies: Tien skole het deelgeneem. Naas Hoër Meisieskool Oranje en Curro Durbanville, wat onderskeidelik goud en silwer verower het, wen BVHS die brons medalje na uiters kompeterende wedstryde.
Seuns: Twaalf skole neem in hierdie afdeling deel. Van die skole was Pearson High School Gqeberha, Paarl Boys High en Hoër Landbouskool Oakdale Riversdal. BVHS se seunsspan het baie goed gevaar. Hulle moes egter die knie buig teen Marlow wat hulle met een punt gewen het. BHVS eindig sesde in die toernooi. Die skool is baie trots op die twee 1ste spanne.
Dankie aan Me Elmari de Bruyn en mnr Leon du Plessis wat hul vergesel het.




Trekkertrots.
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Become a Sponsor








