O.15A Krieket. Bethlehem Voortrekker Hoérskool se O/15A-krieketspan het hul seisoen begin met ‘n indrukwekkende oorwinning teen Hoërskool Fichardtpark van Bloemfontein.
Heindré Serfontein (64 lopies) en Thato Nthebere (30 lopies) het die grondslag gelê vir ‘n goeie totaal. Joel Coetzee (4 paaltjies vir 8 lopies) was die beste bouler van die dag. Heindré het ‘n goeie veelsydige dag afgerond deur self 2 paaltjies vir net 4 lopies in te oes.
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Become a Sponsor








